Ek stem saam met Jan Maarschalk

  • 0

As geluid gedefinieer word as die impuls vanaf die oortrom na die brein dan het die vallende boom kennelik geen geluid gemaak nie.  Die hamer-, aambeeld- en oortromaksie is egter die direkte gevolg van 'n steuring in die atmosfeer.  Geluid of geraas is dus primêr 'n steuring in die atmosfeer wat wel deur die vallende boom veroorsaak is. As daar nie mense in die omgewing was kon hulle die lawaai nie hoor nie maar dis nie te sê dat daar geen geluid/geraas of lawaai was nie ('n klomp diere en voëls het dit in elk geval gehoor).

Sal mens kan aanvoer dat, indien niemand naby genoeg was om die vallende boom te sien nie, die boom nie geval het nie?  Natuurlik nie; lig is steeds weerkaats en die feit dat dit op niemand se retina geval het nie sê nie dat geen lig weerkaats is nie.

Wat mens wel kan sê is dat, as die boom op niemand se toon geval het nie, hy geen mens enige fisiese pyn veroorsaak het nie.

Jan Rap

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top