Ek soek my taal
In die hoek op die stoep net ’n gesig
Hande beskerm haar oë teen die dooie maanlig
Ek loop op haar land
Gevorm met haar tong is my woorde en my hart
Haar geheue so effens verlore
Tussen die kaalvoet berge en vele moorde
Ek soek my taal,
Ek smag na haar, ek soek my taal
Maar sy het ’n reënboog gaan haal
Ek smag na haar klanke en haar verhaal
Maar sy het in die donker verdwaal
Ons woorde huil in besmette strome
Diep donker staar almal na ’n pad
’n Pad wat verlaat
En die verlede huil soos wat die hede praat
Haar geskiedenis breek haar gemoed
Al die struikel en al die bloed
Sy’t baie geskep en gebou
Maar dit is haar sprekers se foute wat aan haar klou
Ek soek my taal
Ek smag na haar, ek soek my taal
Maar sy het ’n reënboog gaan haal
Ek smag na haar klanke en haar verhaal
Maar sy het in die donker verdwaal
Ons soek leiding, ons soek raad
Ons soek ’n toekoms, ons raak kwaad
Maar die toekoms bloot ’n ope veld
Word verbrand deur leuens en geweld
In ons gelaat is die hoop te min
Om aan te hou veg; dit is reeds oorwin.
Ek soek my taal,
Ek smag na haar, ek soek my taal
Maar sy het ’n reënboog gaan haal
Ek smag na haar klanke en haar verhaal
Maar sy het in die donker verdwaal
![]() |



