Ek sien, hoor, voel
Ek sien die lug deur dié donker oë
Ek hoor hoe harte klop deur dié gebroke ore
Ek voel jou asem teen my wang
Stadig word vingers ingesak in my verlore siel
Skyn jou lig oor my visie
Vat my en neem my
Bring my terug tot die lewe
Die kerse flikker vanaand
die elektrisiteit vonk nou
Die Tandmuis maak besoek vanaand
die geskenke maak verskyning nou
Ek sien die reënboog met my kleurblind oë
Ek hoor die musiek as ? monotoon
Ek voel jou hand om my lyf
stadig versprei die warmte
Help my uit hierdie hospitaal
Sit my op ? stoel gee my my gevoel
Ek vra net jou hulp, lei my met jou hand
Die son kom om op na die aand
Wat weet ons van sprokiesverhale?
Is dit ? voorspelde uitkoms van konings
legendes, mans met swaarde?
Ek sien die refleksie van ? vonkel in my oë
Ek hoor jou stem deur die wêreld se gedruis
Ek voel hoe jou liefde vloei, al vinniger deur my lyf
Idiome gee humor vir ons daaglikse bestaan
Taal gee ons ? manier van praat
My beste bestaan ontstaan van jou
Sodra jy gaan val ek na die grond
Ek sien die lug deur dié donker oë
Ek hoor hoe harte klop deur dié gebroke ore
Ek voel jou asem teen my wang
Stadig word vingers ingesak in my verlore siel
Skyn jou lig oor my visie
Vat my en neem my
Bring my terug tot die lewe
Alle beddens is ? tuiste vanaand
Alle lig ? duisternis wat vir my wag
My pad uitgekap, my toekoms onbeslis
Voet voor, voet stadig
Voet voor, voet slinks
Voet voor, voet stil
Voet voor voet, ek val vir jou
Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.



Kommentaar
So pragtig en tog tragies!