Ek sal jou herken
Ek weet hoe voel die wind op my gesig
Ek weet hoe die son lyk net voor hy sak
? Pragtige gesig
Vanaand sal die maan weer skyn of agter wolke verdwyn
maar ek sal wag, ek sal bly soek tot jy verskyn
KOOR:
Al weet ek nie hoe jy lyk nie, ek sal jou herken
Ek sal jou sien in haar, sien in my, ek sal jou sien in ? gebed
Maar tot dan, tot ek jou ontmoet, wonder ek wat ek sal doen
Ek wonder of jy haar kan hoor as sy oor jou praat
Ek wonder sien jy ook haar trane, ? leemte in haar hart
Sy sou alles gee as sy die tyd kon terugdraai
voordat dit te laat was vir jou
Maar tot dan, tot ek jou ontmoet, wonder ek wat ek sal doen.
Oeeee, oeeee, oeeee, oeee, oeee
KOOR
Ek sal jou voel soos die wind op my
Ek sal jou sien in elke son sak
Ek sal glimlag want ek weet jy is gelukkig
daar waar jy nou is


