Geskryf vir: BlackByrd
Vers 1:
Ons wonder hoekom als moet gebeur, en soms maak die lewe nie meer sin
Ek wens ek kon jou laste dra, en jou help om weer oor te begin
Maar al wat ek is ’n vriend, met die hoop dat dit jou heel sal maak
Dit maak nie saak wat mense dink, solank ek jou net aan kan raak
Refrein:
Vir my is jy die mooiste ster, jou glimlag soos die môreson
Ma-delein jy moet net bly glo, want genade kom net van bo

Ma-delein jy moet net bly glo, want genade kom van bo
Vers 2:
Ek weet die lewe druk jou soms, dit voel of jy nie verstaan
Maar God het jou vir my gegee, ek sal vir altyd by jou staan
Al voel jy dalk soms alleen, en alles voel vir jou te veel
Dan kan jy maar altyd weet, daar is iemand wat jou nooit vergeet
Refrein:
Vir my is jy die mooiste ster, jou glimlag soos die môreson
Ma-delein jy moet net bly glo, want genade kom net van bo
Vir my is jy die mooiste ster, jou glimlag soos die môreson
Ma-delein jy moet net bly glo, want genade kom van bo
Bridge:
Ek sal by jou staan, ek sal vir jou wag
Al moet als ver-gaan, want jy is my lag (x2)
Instrumental:
Refrein:
Vir my is jy die mooiste ster, jou glimlag soos die môreson
Ma-delein jy moet net bly glo, want genade kom net van bo
Vir my is jy die mooiste ster, jou glimlag soos die môreson
Ma-delein jy moet net bly glo, want genade kom van bo

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.