"Ek onthou soos gister" deur Ammie

  • 0

Ek onthou soos gister

Ek onthou soos gister jou vingers gesluit om myne
Hand aan hand gestap op teen Mosambiek se duine
Jou hande gevou om my lyf
Geluk wat alle vrese sou verdryf

Dan onthou ek soos gister hoe jy in my oë kon kyk
Gesê dat ek vir jou soos ’n feëprinses lyk
As dit donker word, het jy vir my kom kuier in my drome
Ons kon ure net sit en kuier onder Harties se piekniekbome

Ek onthou soos gister hoe kwaai jy soms met my kon wees
As ek soveel keer die verkeerde antwoord in jou boodskap lees
Jy sou my ken met jou vinger oplig na bo
Vir my sê jy bedoel elke woord en dat ek jou kan glo

Dan onthou ek soos gister elke gesprek en elke lag
Lank moes ek wag, maar toe jy my soen, was dit sag
Die warm hitte van jou lyf teen myne
Briewe geskryf, emosies vasgevang in baie lyne

Ek onthou die dag wat ons afskeid moes neem
Weg was my ridder, die een waarteen ek altyd kon leun
Diep snikke wat deur my binneste wou skeur
’n Suiwer wit hart van liefde het in swart verkleur

Dan onthou ek soos gister die verraad
Ek het gedink ek het, maar ek sal jou nooit kan haat
Steeds verlang ek na jou elke oomblik van elke dag
Ek mis jou meer as ooit, ek mis jou glimlag…

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top