Ek moet bieg ...

  • 1

Ek het iets op die hart wat ek moet bieg, dit is vrek snaaks maar ek kan dit nie juis met iemand deel nie, so geniet julle dit maar!
 
Twee Saterdae terug moet ek gou iets by die werk gaan doen. Meeste mense was op vakansie en ek moes net gou 'n paar bedienerkassette ruil en 'n paar sisteme se werking monitor. Om myself te beskerm sal julle verstaan dat ek nie te veel besonderhede van my werk kan gee.
 
Omdat dit 'n Saterdagoggend was het ek maar my seuntjie saamgeneem, omdat ons 'n paar draaie gehad wat ons wou ry na ek klaar maak. Hy help my toe ook sommer mooi by die werk, dit is te oulik hoe daai twee-en-half-jarige handjies die bediener se kassette optel en in die houers terugpak.
 
Wat ek nie gesien het nie was hoe daai oulike handjies 'n knoppie druk toe ek nie kyk nie. Dit was op 'n ander stelsel se bediener waarmee ek nie besig was nie. Die oulike knoppie wat sy aandag getrek het was toe ook die knoppie wat dit afgeskakel het ...
 
Het ek toe probleme! Die hele stelsel was af, die besigheid staan stil, mense bel die wereld vol, mense skarrel rond. Ek het die knaap toe so gou moontlik daar weg en het maar later teruggegaan en gehelp om vure dood te slaan. En natuurlik het ek dit vir niemand, behalwe julle, gebieg nie!
 
So as jy by 'n winkel staan, of 'n oproepsentrum bel, jou dooie Blackberry beloer, of enige plek waar iemand vir jou se "Die stelsel is af" dink aan daai oulike handjies wat nie 'n knoppie kan weerstaan nie!
 
Dof Vader

 

 

 

  • 1

Kommentaar

  • Ek kan myself nogal indink wat se geskarrel die was  Een keer het my  jongste ook saam met my werk toe gegaan want die kleuterskool was toe ...  hy het die kantoor se "server' afgesit.  Gelukkig voor enig iemand nog kon agter kom die internet/hoofraam  "mainframe' is af het ek dit weer aangesit. So  gelukkig vir my kon ek dit vinnig genoeg doen. 

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top