"Ek mis jou" deur Ammie

  • 0

Ek mis jou

Iemand vra my vanoggend hoe ek myself sien
My antwoord, een wat niemand verdien
Die vonkel in my oog het ek verloor
Dit waarmee ek mense so kon bekoor
Ek mis jou

Die dag toe jy besluit om my nie te kies
My selfbeeld was toe my grootste verlies
Ek mis jou hier waar ek sit
Ek mis jou
Hartseer spore van verwerping oral te sien
Het ek werklik die tweede plek verdien?

Jy het dan gesê dat ek jou geleer het hoe om die lewe te geniet
Maar tog kies jy om my te los, met niks anders as net verdriet
Ek mis jou
Was ek nie genoeg vrou vir jou?
Tog het jy gesê hoe baie jy van my hou
Ek mis jou

My hart is seer as ek aan jou kuiltjies dink
Die verlede wat keer op keer vir my wink
Ek mis jou hier waar ek sit
Ek mis jou

Miskien is ons tog bedoel vir mekaar
Wat gebeur sal ek ook aanvaar
Maar miskien oor minder as ’n honderd jaar van nou
Besluit jy dalk ek is die regte vrou vir jou
Ek mis jou

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top