"Ek + Jy = Ons" deur Nolan Sampson

  • 0

Ek + Jy = Ons

Daar kom tyd in ons lewe
waar ons moet laat gaan
van dit wat ons vasketting
Aan dit wat nie die weg baan
Soms is dit glad nie maklik
om begeertes te laat gaan
Maar diep binne in my hart
skuil die antwoord
In die lig van die maan

REFREIN:
Dit lei my na die lig
Toe die donkerte my omvou
Dit baan die pad na vore
Ek’t my hart gesit op jou
Daar skuil hoop in jou oë
en liefde in jou siel
Die maak die weg so duidelik
Ek is inniglik lief vir jou

As ek terugkyk op ons verlede
lyk dit of ek vergaan
As ek fokus op ons toekoms
is daar lig vir ons gebaan
Jy praat direk met my siel
Jou glimlag raak my aan
En diep binne in my hart
skuil die antwoord
In die lig van die maan

REFREIN

Jy vorm deel van my hart
Soms is daar trane en smart
Jy dra die sleutel tot my geluk
Maar ek en jy
ons hou die toekoms in ons hand

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top