Ek is nou nie meer

  • 0

Ek is jou nie meer
inkyk-oë wat droom

So stagneer die band agter
en voor ons aangesig
Geluidloos rustig met skewe
kromtrekke is dit nuus
Vir jou.
Die hande en voete van jou
Met kop, been en knou
Kom dit om en om
Hierdie liefde verdwaal in die
doolhoof van ons nes
Verby en verby jy,
ek mekaar
Soeke na more en dan weer
aand.
Die pelvis van my en mond
van jou heel dan gou
Net vir nou
En dan:
Dan spring jy ’n sprong ver weg en
van my af.
Val jy in sand wat trek en
trek en trek...
En die eggo’s van my klanke
skiet jou mis.
Kom ons rus. Bed ons vlees.
Een laaste keer.
Die drange van somer en
winter het gelees.
Dit staan so geskryf: Ek is jou nie meer.

Klik hier vir nog besonderhede oor die kompetisie

Lees die ander inskrywings

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top