"Ek is nou hier" deur Nicole Vergottini

  • 0

Vers 1:
Ek het nie die skoene om in die stad te pas
Ek stap ’n grondpad meeste van my lewe
Soos ’n liefdesbrief nog toe geplak
Het ek verdwyn in die skare

Vers 2:
Ek betree die plek met voete vol grond
Wil my merk maak in die yster land
Ek is iemand wat my eie pad maak
Volg nie die skare, volg nie die skare

Refrein:
Ek het van niks gekom
Om iets te maak, iets groot te maak
Kyk na my ek is nou hier
Ek gaan aan iemand se wêreld raak

Vers 3:
Ek verskyn soos ’n skaduwee
Verdwaal soms in my gedagtes
Van niks tot iets is waar ek wil wees
Ek wil dit wees, ek kan dit wees

Refrein:
Ek het van niks gekom
Om iets te maak, iets groot te maak
Kyk na my ek is nou hier
Ek gaan aan iemand se wêreld raak

Ek is nou iets kan mooi na my
Vertel die storie oor die kole vanaand
Ek het dit gemaak!

Refrein:
Ek het van niks gekom
Om iets te maak, iets groot te maak
Kyk na my ek is nou hier
Ek gaan aan iemand se wêreld raak
 

lyricMap homeMap


Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief
. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top