Geskryf vir: Straatligkinders
Hy wou nie luister nie
Sy's nie van yster nie
Hy was ? dromer
Sy was ? diamant
Wat hy nie besef nie
Is dat sy's nie perfek is nie
Hul liefde se somer
Het ontduik in ? misverstand
Refrein:
Hoor jy my?
Luister jy?
Ek is nie okay nie, hoor jy my?
Hou jy daarvan as ek seerkry?
Ek is nie okay nie, luister jy?
Sê my waarvandaan ek hartseer kry?
Wat sy nie wou sien nie
Is dat hy dit nie verdien het nie
Maar sy was te besig
Om stil te bly
Die verhouding raak kouer
Elke traan het nie ? skouer nie
? Geskel en geskree
Totdat die ander een meegee
Refrein
Hoor jy my?
Sê my hoe jy voel
Luister jy?
En wat ek bedoel
Hoor jy my?
Waar het als skeefgeloop?
Luister jy?
Ek is nie okay nie, hoor jy my?
Hou jy daarvan as ek seer kry?
Ek is nie okay nie, luister jy?
Sê my waarvandaan ek hartseer kry?

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

