Ek skryf oor goed wat ‘n wrang smaak oor “Europa en VSA” by die swart bevolking gelaat het. In baie opsigte is die term “demokrasie” in SA ‘n oksimoron, met bv die “snoerwet”, vroueregte vir selfs nie voorheen benadeeldes en werkreservering vir diè “designated” groep, nl “politieke swart vroue”. Demokrasie het ‘n hol klank tot so ‘n mate gekry in SA, dat die ANC-Jeugliga ‘n paleisrewolusie in 2011 begin het, by monde van hul tenderpreneur-president. Ja, selfs die geloofsinstellings beleef in ‘n breë spektrum ‘n dilemma met “wetlike gelyke vroueregte” in konflik met “God se woord”. Dis ironies, die hond byt die hand wat hom gevoer het? Ek sal glo dat al die “anti-apartheid heros” opreg was, sodra ek optogte vir beleggings in demokratiese SA sien oorsee.
Hans Richardt

