"Ek is naar" deur Anna Swanepoel

  • 0

Ek is naar

Die water in die wyn maak die dors in my bang
Die drange laat my kruip deur ? lang, donker gang
Die nikotien en teer maak my asemhaling swart
Statistieke in koerante bly my conscience ook tart

Die jitters van die oggend hou my heeldag deur wakker
In die aand word ek ook glad nie makker
Die promise van slaap elke volgende nag
jaag die skape en hiënas wat vir my staan en lag

Ooh, ek is naar (x2)

Aan die punt van die reënboog sal ? goue pot wag
Oor ? jaar kry ek als van belang in my mag
In die blond en die blou sal die voëltjies sing
En dan sit ons ook almal saam in ? kring

Southern Comfort is ? mite teen ? hoë prys
En die spoed van die jare laat my ore suis
Daar’s ? ding in elke barstoel wat my ceiling toe skop
Daar’s ? gis in elke drankie wat beskawing afdop

Ooh, ek is naar (x2)

Waar is die maan?
Kan ek huis toe gaan?

Die sport op die TV sit my naweke af
Die klippe en die kole maak my kaalvoete tough
Die budget van die maand vang my min of meer
En die smile van ? blond maak my dimpels seer

Die jitters van die oggend hou my heeldag deur wakker
In die aand word ek ook glad nie makker
Die promise van slaap elke volgende nag
jaag die skape en hiënas wat vir my staan en lag

Ooh, ek is naar (x4)

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top