Ek is joune
Vers
Ek moet toekyk hoe jy van my wegstap
Elkeen wonder wie gaan eerste terugkyk
Dalk is dit hy
Dalk is dit ek
Vers
Wonder hoe ons hierdie front kan voorhou
Wat lyk of ons dit kan hanteer
Dalk kan jy
Dalk kan ek
Vers
Mens wil sommer terugdraai en vergeet
Maar dis nie so maklik nie
Nie vir jou
En nie vir my
Koor
Ek is joune – moenie daaroor twyfel
Ek is joune – ‘k wag net hier tot jy terug kom
Ek is joune – totdat ek weer in jou arms val... in jou arms val
Vers
Jy is heeltyd in my gedagtes
‘k lees elke boodskap oor en oor
Wag vir jou oproep
Wag vir jou stem
Brug
Dis amper tyd vir jou vlug huis toe,
hoe kan dit nou soveel langer voel as ‘n dag vroeër?
Ek probeer my aandag aftrek... maar dis heeltemal tevergeefs.
Koor
Ek is joune – moenie daaroor twyfel
Ek is joune – ‘k wag net hier tot jy terug kom
Ek is joune – totdat ek weer in jou arms val... in jou arms val
![]() |



