"Ek is hier" deur Melanie Mienie

  • 0

Ek is hier

Ek is hier sien jy my
Dis donker waar is jy
Ek skree en roep
Maar jy loop net verby
Ek is hier
Die woorde lê hier in my mond
Wat ek vir jou wil sê
Maar elke keer as ek voor jou staan
Verloor ek myself
Waar is my geluk en waar is jy
Verlang jy ook na my
Soos ek na jou

Die melodie van jou hart slaan my asem weg
Elke keer as ek aan jou dink
Verloor ek beheer oor alles binne my
Die melodie van my hart slaan asems weg
Maar wat help dit
Niemand is soos jy nie
En ek
Ek is hier alleen

Gebroke harte
Stukkend gebreek
Deur die loop van tyd
Verander niks nie
Ek is hier sien jy my
Maak net oop jou oë
Ek en jy
Ja ons twee is vir mekaar bedoel
Die liefde tussen ons moes aanhou groei
En plaas van ons te breek
Maak net oop jou oë
Ek is hier

Die melodie van jou hart slaan my asem weg
Elke keer as ek aan jou dink
Verloor ek beheer oor alles binne my
Die melodie van my hart slaan asems weg
Maar wat help dit
Niemand is soos jy nie
En ek
Ek is hier alleen

Ek wens jy wil terugkom na my
Laat ons oor begin
Al die pyne agterlaat
Want
Ek is hier sien jy my
Vir ewig en vir altyd
Ek is hier
Al probeer jy ontken
Ons is vir mekaar bedoel
Ek is hier
Maak oop jou oë
Sien jy my
Ek is hier

 

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top