Ek is geen liberale wit Afrikaner nie

  • 2

Ek is glad geen liberale wit Afrikaner nie en voel oor niks skuldig of jammer nie. Vanaf die destydse Oosgrens, deur Natalia, deur die ABO, was dit Britte wat sg wit Afrikaners se kollektiewe selfbeskikking bestry het. Nou word dit weereens op die beproefde manier, baie ouer as die Bell-Pottinger agenda, gedryf. 

Die 1928 koloniale vlag, het die Union Jack, wat dan ook inmiddels verbied is deur hofuitspraak ...
 
Iemand by die LitNet-redaksie is van opinie dat ek "polities korrek" is, maar ek was nog nooit 'n wit liberaal nie.
 
Vir belaglike liberale SENSUUR het ek nie tyd nie. Trek gaan ek ook nêrens heen trek nie.
 
Hans Richardt 
  • 2

Kommentaar

  • Avatar
    Hans Richardt

    Desere Barnard, ek het in Namibië gebly na onafhanklikheid. Daar was nie soveel voortdurende emosionele plakkery oor apartheid en verlede, soos met duisende emosionele parasiete in SA nie. Ek het bv persoonlik die Kerkstraat bom beleef en ook 'n handgranaataanval by Trustbankgebou in Kimberley. Niemand het vir my jammer gesê daaroor nie, alhoewel ek geen fisiese letsels het nie.
    Daar was al soveel diskriminasie en korrupsie in die naam "dis gevolg van apartheid", dat geen regdenkende jammer kan voel oor verlede, in die gesig van kollektiewe benadeling tans in SA.
    Net so terloops, in November 1983, het wittes hul wit referendum gehou om apartheid te skrap. Daarna was daar bruin en indiër politici in PW Botha se parlement wat nie teen die noodmaatreëls gestem het nie. Gerald Morkel was bruin NP lid. Die feit is, tuislande bestaan nog itv wet op Tradisionele leiers, wat ook in provinsiale en Nasionale parlemente sit.
    Moet ek kollektief verantwoordelik gehou word vir die grootskaalse korrupsie en verval na 1994?
    Verduidelik vir my hoe oud jy is en presies waaroor jy jammer voel?

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top