Ek het vir jou
Sy staan daar en staar
Al wat ek kan sê, my hart smag na haar.
Ek het vir jou ... (fluister-/hees stem)
Soveel dinge gebeur, soveel dinge, ek kan dit nie keer.
Haar vrese leer my sy is bang vir seerkry.
Weet sy nie sy het my?
Speels en stout beskryf sy my
Sy sê my hart maak vir my
Deur my drome word ek vry.
Refrein
Meisie, dame ... jonge vrou
ek het, ja, ek het vir jou
Ek is lief vir jou net soos jy is.
Jy is die bonus!
Jy dra die sleutel van ons huis.
Jy dra die belofte in jou hart.
Oulik, pragtig, jy is ’n skat.
Meisie, dame, jonge vrou ... ek het vir jou!
My oog gevang, my hart wakker gemaak
Oe oe, ek het vir jou lief geraak.
Lief vir jou net soos jy is, totdat ons eendag oud is!
Refrein
Meisie, dame ... jonge vrou
ek het, ja, ek het vir jou
Ek is lief vir jou net soos jy is.
Jy is die bonus!
Jy dra die sleutel van ons huis.
Jy dra die belofte in jou hart.
Oulik, pragtig, jy is ’n skat.
Meisie, dame, jonge vrou ... ek het vir jou!
![]() |



