… dat jou vergelyking wat betref die spandering per kop tussen swart en wit leerlinge nie eintlik reg is nie. As die regering byvoorbeeld ’n gelyke bedrag aan swart onderwys as wit onderwys spandeer, dan is logieserwys daar minder per leerling as daar meer swartes as wittes is.
Jy laat ook versteekte kostes buite rekening, soos oprig en onderhoud van skoolgeboue, vervoer, paaie, krag- en watervoorsiening, die soort van ding.
Ook is daar ander goed wat jy moet oorweeg, byvoorbeeld hoeveel het die Britse owerheid op Boerekinders se onderwys spandeer destyds, hoeveel spandeer die Portugese byvoorbeeld aan die opleiding van Duitse kinders, of die Peruviaanse regering aan die opleiding van Finse kinders. Jy moet ook alles sien in die lig van belastingbydraes en skoolfonds.
Jy vergelyk appels met pere.
Jan Rap

