Ek haat WP-rugby

  • 0

WP-rugby in die dae van Jan Pickard het geblink – op die veld en in die raadskamer. ’n Mens was bykans jaloers op die rakkers.

Ongelukkig kan ’n mens dit nie juis meer se van die unie nie. Daar is nie rugbymense nie – net politici.

Vat nou Pieter de Villiers se aanstelling as Bok-afrigter. Die WP was die groot dryfveer daaragter.

Nou gaan maak hulle weer ons naam gat – deur in te meng met Saracens se beplande Heineken-wedstryd teen Biarritz. Watter eksklusiewe reg het WP Rugby op die sport in die Wes-Kaap.

Die probleem met rugby in die WP is dat dit deur lede van die ou SARU-organisasie gekaap is. Mense van die ou Rugbyraad is op die agtergrond. Die ou Federasie, wat beter administrateurs as die ou SARU het, se mense is uitgewerk.

WP Rugby moet nou plan maak dat hulle Dougie Dyers as president kan kry. Tobie Titus – GAAP – wie is die oom werklik? Dalk ’n karakter uit The Gods Must be Crazy

Het hy die WP-spore getrap soos Ben Groepes, Pickard, Dyers, Cuthbert Loriston en andere …

Die greep wat die ou-SARU kabaal op Suid-Afrikaanse rugby toepas is nie gesond nie. Is dit geld en voordele wat nou maak dat manne wat eens op ’n tyd nie op Nuweland gesien wou wees nou mag najaag.

Die WP se inmenging by die Saracens-wedstryd was dus niks meer as ’n klug en poging om nog mag te kap. Saracens se besluit om te kanselleer was wys …

Yuri

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top