"Ek en jy" deur Yvonne Wanneburg

  • 0

Ek en jy

Hou my vas, hou my vas, laat my nie gaan nie
Laat die hartseer van die gisters ons nie skei nie
Kom ons bou op ’n toekoms op die drome
Ja van nou af is dit net ek en jy

Refrein

Ja ek en jy is soos die sout van die aarde
Sonder jou sal ek nie voort kan gaan
Want soos die sterre se liggies altyd sprankel
Net so sal my liefde nooit tot niet gaan
Maar sou die son ophou skyn in die dag
En die maan wegkruip vir die nag
die reënboogkleure almal verdwyn
Sal ons liefde nooit kwyn

Musiek

Ek weet, ja ek weet ons het verledes
Maar die toekoms wis ook elke gister uit
Ons het mekaar en dit is al wat saak maak
Ja van nou af is dit net ek en jy

Refrein

Ja ek en jy is soos die sout van die aarde
Sonder jou sal ek nie voort kan gaan
Want soos die sterre se liggies altyd sprankel
Net so sal my liefde nooit tot niet gaan
Maar sou die son ophou skyn in die dag
En die maan wegkruip vir die nag
die reënboogkleure almal verdwyn
Sal ons liefde nooit kwyn

 

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top