"Ek en jy" deur Jonathan Bosman

  • 0

Ek en jy

Hulle sê jy is baie sexy
En ek weet almal wil jou seks hê
Ek wil jou net in my bed hê
Ek stap oor na jou toe en almal kyk wat aangaan
Kom dans by my, kom staan by my, kom vat ’n kans by my.

Vanaand is die aand, ek en jy
Die dansvloer, ek en jy
Die jack en coke, ek en jy
Die soene, ek en jy
Vanaand is die aand, ek en jy.

Jy is anders, ons speel vanaand pool
Saam met die ouens, jy is die epitome van cool
Jou glimlag is killer en jou shots is iller
Jou pruil lippe vat nog ’n sluk van die coke en klippe
En jy het hierdie game ook gewen.

Vanaand  is die aand, ek en jy
Die after party, ek en jy
Jou sex appeal, ek en jy
José Cuervo, ek en jy
Vanaand is die aand, ek en jy.

M-Net-movie Sondag laat, skop uit die skoene
Hot chocolate soene, in die bed
Ek kan nie genoeg kry nie, jy is myne
Jou lyf is myne, jou nek op myne
Ons raak saam aan die slaap op my kant van die bed.

Vandag is die dag, ek en jy
Vroegoggend wakker word, ek en jy.
Cappuccinos’ by Giovanni’s, ek en jy
Sand op die strand, ek en jy
Rond rol in die vlak water, ek en jy
Vandag is die dag, ek en jy.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top