Ek dink die heeltyd aan jou
Hoekom kan jy my nie heeltemal verlaat nie?
Nes my gedagtes jou wil los, vang my hart jou weer
En dit gebeur keer op keer
En niks werk nie, wat ook al ek probeer
Jy is heeldag in my kop,
en heelnag in my drome
Sonder jou is ek heeltemal verlore
Ek wil jou so graag terug hê
Nes my gedagtes jou wil los, vang my hart jou weer
En dit gebeur keer op keer
Ek dink die heeltyd aan jou
En hier is die rede daarvoor:
Jy is pragtig
Goeie wragtig,
Jy is fenomenaal
En werklikwaar spesiaal
Jy is goedgesind
En so vrek asemrowend
Sonder jou is ek heeltemal verlore
Ek wil jou so graag terug hê
Maar al wat ek nou sien, is jou voetspore
Wag vir my
En gee my ‘n eerste laaste kans
Ek is hartseer, alleen en onvoltooid
Sonder jou is my lewe in wanbalans
Ek dink die heeltyd aan jou
En hier is die rede daarvoor:
Jy is pragtig
Goeie wragtig,
Jy is fenomenaal
En werklikwaar spesiaal
Jy is goedgesind
En so vrek asemrowend
Sonder jou is ek heeltemal verlore
Ek wil jou so graag terug hê
Maar al wat ek nou sien, is jou voetspore
Wag vir my
En gee my ‘n eerste laaste kans
Ek is hartseer, alleen en onvoltooid
Sonder jou is my lewe in wanbalans
Nes my gedagtes jou wil los, vang my hart jou weer
En dit gebeur keer op keer
![]() |



