eie ilwimi

  • 0

aysh, onoortrefl’k, absoluut onfeilbaar waar, tongvrugskoonheid,
mooi moed’rtaal, moed’rsmelkmedium, suiw’r skoon, kling’lklank,
as Afrika-taal, tog vol komm’r, re wye sprake v’n v’rganklikheid,
o liewe Aard’, aan wie’t Afrikaanses hul taal, dageind’, t’n dank?

skryw’r, digt’r, v’rtal’r, tolk, probeer u v’rhaal v’rtaal,
aan Tas, Biebouw, meer erkenning’s w’t’l tog v’rdien,
meet mens mos imm’rs ’n taal aan’r g’wildheidskaal,
sou tweetaliges’t ook maar dienooreenkomst’g sien

skep separatis g’weld, lattie bloed spat, rook draai,
g’weld selfs ’p taalhoeksteen ing’ets, diep g’graveer,
WVK v’r “Boertaal” deur kwasi-v’rkrimpte g’ignoreer,
t’rwyl sy, nes /Xam, hangtou-skuifknoop sien swaai

Self, outo-kognitief snap, duid’l’k b’gryp, kop, v’rstaan,
waaroor hele herrie, pejorativering v’n medium, gaan

Jacobus Faasen

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top