eeu van verskrikking

  • 0

‘s of Mens, wragtig, skaamteloos, genot perbeer put,
uit aanhang, promoveer, intra-doktrineer, transfuseer,
van struktuurgeweld, wyse waarop Mens mede-Mens,
mede-Wese, besoedel, vermoor, beblog, beswadder,
besmet, uitwis, vernietig, verdobbel, verslaaf, bestry,
Kind van God, nes Mens, Naaste, Selwers ok, daarby

feit is vas, onkunde-ontkenningskunde, wetenskap,
saamgeflans deur fisici, akademici, politici, etici,
“Duiwelspiek”-dissipelskring se room, verenig,
in navolging van struktuurgeweld, vervolging,
van enigiemand wat (‘n) Groter Geheel wil sien

Vader, U Skrif so Spiritueel, Millennia al teen Muur,
nou staan Mens, Homo Sapiens Sapiens, Eerste,
saam met Laaste, saam met almal tussen-in,
téén Self-destruksie, Self-verwoesting, eish, ja,
onkunde-ontkenningskunde digitaal studeerbaar,
as filosofie, teologie, lewenstyl-fondament, storie,
hoe en waar Gewete, uit Mens geruk, verwyder,
na sjatan se offerande-plein, sielsverkoopsteeg,
na verleiding van kapitaal, ultra-uitbuitingsgewys,
ingebed’s in idee van oorlog, in bed van struktuur,
soos ‘n skroef, bout, moer, mooi vas, vasgedraai,
hoe afstamling van slaaf, hoe lijfeigenaar, eina,
alles skrikwekkend, oorlogmatig, destruktief,
meer demonies as wat Mens aan gewoond is,
“Duiwelspiek”-sieklik, naïef, submissief,
navolg, aanhang, administreer, versprei,
Mens mede-Mens net as ‘n teiken sien,
as “iets” wat koelbloedigheid verdien,
Hemel, Vader, in stukke wil blaas,
soos ‘n rot uit rioolpyp wil sleep,
uitasem van laaste asem verhaas,
innie openbaar, lat Mens kan sien,
skiet, tot wapen se laaste pieng

ontken Mens mos hewiglik, superstreslik besete,
“Duiwelspiek”-dissipeliaans, God, U Goedheid,
Skepper, U Kreatiwiteit, U Histories Besluit,
ten gunste van Waarheid, ja, Geregtigheid

kanti, nie deur Mens as súlks aanvaar wil word,
as Gena’, van Bo, dour wa’ Groot Knal g’klink’t,
sak Millennium Drie Mens, naarstiglik, al dieper,
weg, inne moerske mierleeu-maalkolk, woekerwiel,
baie sleg voorbereid vir Gewete-herwinningstryd,
nes voorouers van vantevoor, feitlik als al verloor,
histories in hiatus, beriggewing oor geweld gedemp,
eeu van verskrikking, moderne Mens só Gewete-loos

woza, Mens, toe-toe, umNtu, Homo Sapiens Sapiens,
Millennium Drie Oorlewingstryd’s glattie speletjies’ie,
nie vir “Duiwelspiek”-dissipels, sonner Gewete, hayi

Jacobus Faasen

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top