Eerwaarde Erasmus Smit

  • 5

Die Boere was nie rassiste nie.

Eerwaarde Erasmus Smit se pa was matroos en stuurman vir VOC. Sy ma was nie van Europese afkoms nie.

Die Nederlandse NG kerk wou hom nie orden as predikant nie, vandaar sy Eerwaarde-status. Tog het hy 'n leierskapposisie gehad en het hy as outeur die Gelofte geskryf. Die Britte het in 1802 Kaap gekolonialiseer en selfs verder. 

Smit het met Gerrit Maritz se jong suster getrou, maar sy is dood in Pietermaritzburg. Later het Smit hom in Potchefstroom gevestig in omstreeks 1842.

Die Trekboere het nie net oor belasting getrek nie, maar ook omdat Britte besig was met etniese klassifikasie. 

Andries Potgieter het uiteindelik by Sandrivierkonvensie onafhanklikheid verkry vir Republiek van Potchefstroom, wat Winburg ingesluit het. 

So, daar was verskeie Brit-Trekboer oorloë voor Eerste en Tweede ABO. Die Boere het dus geskiedenis van veg teen kolonialisme. 

Tans het ANC ons terug in koloniale era, deur lid te word van Britse Gemenebes( common wealth) en Engels as amptelike taal. In Brittanje en VSA is daar geen moedertaal-onderrig vir minderhede nie!  Maw die "pyn van apartheid"  neem nie die reg tot eie moedertaal, kultuur en eie belange in ag nie. Almal se pyn maak hul "coconuts" buite in tuin (dis gewilde township uitdrukking)! 

 

 

  • 5

Kommentaar

  • Hierdie is glad nie feitelik nie en kan nie as waar aanvaar word nie. Bv sy ma wat nie van Europese afkoms was nie, sy vrou wat voor hom dood is ens.

  • Hierdie brief bevat heelwat onwaarhede. Sarel Cilliers het die gelofte geskryf, nie Erasmus Smit nie. Die Britte het in 1806 die Kaap oorgeneem, nie 1802 nie. Smit is 'n paar dae na sy vrou se dood oorlede - in 1863 te Pietermaritzburg. Andries Pretorius het die Sandrivierkonfensie onderteken - wie is Andries Potgieter?
    Aijaijai.

  • Mariaan Snyman

    Volgens wat ek verstaan was eerwaarde Erasmus Johannes Smit my oupagroot se pa. My oupa- en oumagroot is in 1929 in Koffiefontein getroud.
    Ek sou bitter graag meer hieroor wou weet.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top