Eerstes laaste

  • 0

God, maak Lig, U Kán, Allah, Via G’nade,
Mens weer Wys, Indikatief Aandui, Bedui,
waar presies is Gewete, hoe’t sy verword,
gedeterioreer, nes iemand, ver agter in ry

soms moeilik vir Mens, Naaste, Lief te kry,
soms is als aanvegbaar, hie’ lank, daa’ kort,
gaat meer Duiwelspiekers inne ultra-vuilbui,
verrig’l struktuurgeweld, onmeetbaar skade

net Via Uwe Lig, sal Millennium Drie Mens, Naaste,
onnodiglik vermoeides, super-belastes, gestresdes,
bietjie baie nader kom, aan U Verifieerbaar Veritas

staan Eerstes egter, nog-allie-pad, onmenslik, laaste,
sonner idee, van herkoms, ’n ongeskrewe geskied’nis,
pas illusies, mites, van “ras”-‘n-“klas”, byna eersteklas

Jacobus Faasen

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top