Eerste Mens

  • 0

noulat Eerste Mens, uit’r Aard’

noulat Eerste Mens, allerleste Een, vol Hoop, Liefde,
kan insien, Sig verwerf, Gewete-herwinningsgewys,
proto-ewolusionêr begin, aan te pas, Mens by Mens,
duid’lik aan mede-Mens t’verduid’lik, Duid’likheidshalwe

Mens se Reg, Reg op Geregtigheid, Histories, oorg’erf,
g’n Mens sose slaaf, onkunde-ontkennend, in submissie,
ontkenningsonkundig, “Duiwelspiek”-sieklik, inne krisis,
irrasioneel, papzakpaparazzioneel, redaksioneel, oningelig,
nesse NDR-rewolusionêr, bevrydingsvisie nette fiktief illusie

Eerste Mens, in struktuurgeweldsperspektief heel laaste,
van een geboorte af, tottie ander, geslag op geslag, yes,
algar Eerste Mens, umNtu ngumNtu, lief vir allie abaNtu

desnieteenstaande, overgezet zynde, iets in der voege,
deur Sý Bank Eerste Mens, Gewetevol, Naaste, Eerste,
algar abaNtu abaQhala, Primêr, Verprioritiseerd, Kjend,
van Skepper, van Hemel en Univers, Heelal, Alles, Als,
nie die heel eerste keer wat Mens Mens teen Hom keer,
Sy Paradys, Sy Skepping, Sy Visie, Sy Waarheid, so,
soos bidtydgebed, soos liefde-vir-naaste, kil ignoreer

wil Mens nie eigentlik Eerste ís, Eerste onner allie Eerstes,
Sterkste onner allie Sterkstes, Slimste onner allie Wyses,
t’kan sien, geskiedenis van Mens, van Mens-bloed, igazi,
lat Mens tog iets veel beter verdien, nageslag nog meer,
lat daa’ annie eine vannie dag Vrede, Pasifisme, op Aard’,
Geregtigheid, Voorspoedigheid, koelpiesangrepublikeins,
as aanvaarde ideologie, koöperatief werkswyse, leefwyse,
waardeur Mens gemeenskaplik, kollektief, tesame, beter,
Skepper as Sulks, as Sodanig, Kreasionisties, sal erken,
sonner Naasteliefde’s Dié van Skepper mos nooit gewen

Humanitêr, mede-Menslik, Menslik, Gewete-vol,
afstammeling van Eerste Stam, uit Sy Hand,
vir Naaste t’wys hoe lyk Geregtigheidsmodel,
vir meerderheid t’laat verstaan, Uitkoms, vóór,
vir Millennium Drie Homo Sapiens Sapiens, eish

Eerste Mens: van Skeppingstyd af al,
Polities, Sosio-Ekonomies, Spiritueel,
deur Skepper Geskep, en heel Eerste

Jacobus Faasen

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top