"Eenvoudige bestaan" deur Stephan van der Walt

  • 0

Eenvoudige bestaan

Pak jou tasse vir die langpad
Vir wie is dit wat jy wag?
Want jou siel is dit nie werd nie
Ons verval in die gelag

Brand ? kersie in die donker
Skyn ? liggie as dit reën
Ons word net al hoe ouer
en verval dan een vir een

Sê vir my droomgesig
Waarheen moet ons gaan?
Hierdie lewe gaan nie werk nie
Dié eenvoudige bestaan

Pak jou tasse vir die langpad
Dis vir jou wat ek wag
Die lewe bly ? droombeeld
en die duiwel sit en lag

Dis my trane in die sonlig
en my glimlag in die reën
Ons word net heeltyd ouer
en verval dan een vir een

Sê vir my, droomgesig
Waarheen moet ons gaan?
Hierdie lewe gaan nie werk nie
Dié eenvoudige bestaan

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top