Eenvoud van denke of politieke korrektheid?

  • 1

My vraag is, wat het van die Europese groot ape geword?  Het hul suid getrek tydens laaste Ystydperk? Is die sg moderne mens se ontwikkeling in Ethiopië juis in tydperk van laaste Ystydperk of klimaatsverandering? 

Waarom is Europa byna steriele landskappe sonder wildlewe? Of klink migrasie van groot primate uit Europa na Afrika ook na kolonialisasie? 

Ek is oortuig dat paleontoloë se teorieë dat mens uit Afrika na Europa migreer het, baie gate het wat migrasie van spesies na Afrika uit Europa ignoreer. Interaksie beteken twee-rigting. Die voorloper van moderne mens moes genetiese geheue gehad het om weer noord te trek, toe klimaatsverandering weer begin het. As die aarde meer 100 groot aapspesies gehad het en net vier oorgebly het, wat het met die 96 ander spesies gebeur? As mense werklik so eners was, waarom was daar meer as een mens spesie? Ek glo dat in die enkele mens-etniese groepe  meer fisiese verskille is as wat politieke ideologie weergee met korrektheid. 

Ek kry die gevoel dat ons denke vereenvoudig word, veral met God as gevangene in geloofsdogma en hierdie geloofsdogma gevangene skepping as ons skepper.

  • 1

Kommentaar

  • Beste Hans,
    Spesies verdwyn en nuwe spesies kom te voorskyn. Dit is maar die beloop van die lewe. Die Europese aapspesies het, volgens navorsers, verdwyn omdat hulle nie by die koue toestande van die Mioseense epog kon aanpas nie. Spesies verdwyn agv rampe en wanaanpassing.

    En dan jou duistere vraag: " As mense werklik so eners was, waarom was daar meer as een mensspesie?" Wat bedoel jy daarmee? Wie sê mense was eners? Is hulle nou nie meer eners nie? Wat word bedoel met eners? Fisies eners? Geneties eners? Wanneer was daar meer as een mensspesie? Wie was hulle en is daar vandag net een mensspesie? Wat het enersheid (wat dit ook al is) met verskeie spesies te make? Hoekom vra jy so 'n vraag? Wat is "enkele mens-etniese groepe"? En wat is 'n politieke ideologie wat met korrektheid weergegee word, en wat het dit te make met fisiese verskille?
    Jy sê jy kry die gevoel as al daardie goed met ons denke en God gebeur, maar jy sê nie wat die gevoel is nie.
    Groete,
    Angus

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top