Een God, Een Mens

  • 0

elk Skepsel wil sien hoe lyk Jena,
o, Liewe Hemel, elk Afstamling daa’,
op sy of haar plek, mooi aangetrek,
Mens, o jene, Utopia, van Xanadu,
Paradyslik Paradys, hier op Aarde,
en ook vir Ewig en altyd, hierna

nes’t daai Tyd, ’T so Realisties geïs’t,
binne Ma Afrika, hart van Gondwana,
Waarheid se Storie, histories geskied,
geskiet, gedigitaliseer, tot dokument,
vir nageslag, hul geskiedenis, verhaal,
nie deur eise van Twintig Twaalf,
vereistes van Millennium Drie,
gemanipuleer, georkestreer

Self-sug, moord-, oorloglus,
Kapitaal, wyd en syd versprei,
tot in sytakke, van sytakke,
tot op eilande, sonner naam,
waar g’n sprake van belasting,
soos onner enige demokrasie,
gelas, beveel, aangevra word

nes’t deur “Duiwelspiek”-ikoon,
sjatan in al sjy verleidelikheid,
nes Paradys-Tyd, al toegelaat’s,
Mens so, uit Gewete uit, te praat,
submissief Self-destruksie t’kweek,
struktuurgewelddadig, so aan Self,
ongenadiglik, aan Eie Eie op t’dring,
spiritueel sonder “S”, laagste kas,
waar Gewete was, moers vakuum,
van gewetenloos Self-ontkenning,
massamoordwapenvervaardiging,
Gewete-loos pro-dehumanisering,
goddeloosheid, so onverklaarbaar,
ongeneeslik, eish, ultra-onmenslik,
glattie-meer-Mens, meer ondier

Millennium Drie Homo Sapiens Sapiens,
nie mee so lekke in beheer, vannie Krisis,
sowaar, noulat Mens, so Self-destruktief,
vernietigend, mede-Mens, naaste Naaste,
ko-Aardling, verwens, wegwens, vervloek,
via een of anner diepgeworteld demonies,
een ultra-onkunde-ontkenningskundigheid,
oorgeërfd sindroom, voorheen nette virus

deesk’ tyd, tyd van moersk’ moeligheid,
eish, Mens, Homo Sapiens Kwadraat,
bring oorlog nimmer vrede op Aarde,
nee wat, struktuurgeweldopdromer,
kapitaalkliersuiger, sjatansteuner,
los liewer korrup goewermentery,
toesmeerdery van toesmeerdery,
bevuiling, van transparantheid,
van Vryheidsmanifeskonsepbeleid,
soos in NDR, spesifiek gedetailleer

Mens Mens Self tot in afgrond in IT,
en alles in dier voeg’, o, Vader, wroeg,
Mens, en mede-Mens mos al genoeg,
vir lank genoeg, swaarg’kry, g’hlopekha,
g’sokola, onner slawerny, neo-rassisme,
hier in Mzantsi, suid’lik deel van Afrika

Mens tot een of anner dwêdwê, mugu,
pavlovianisties pseudo-proto-paloeka,
totte soort neo-apartheidsmampara,
“Duiwelspiek”-laboratoriaans ge-GM,
onstatutêr, Guantanamobaai-bandiet,
post-Holocaust-proefkonyn, gedweë,
transformasioneel gewysig, vervorm

eish, Mens, onmenslik Gewete-loos,
gewetenloos, Naaste in t’lyf, brutaal,
t’onderdruk, met kapitaal se vuil,
“ras” en “klas”, illusie-definisie,
als wat altyd on-Paradyslik was,
illegitiem, volgens opvatting,
mening, wens, begeerte,
idee van Meerderheid,
God se heel eie Span,
so medemenslik,
soos Mens ’t wou,
net geïgnoreer’t

bly goeie goewerment uit bereik,
buite dampkring van Owerheid,
sonner Almag se Waardigheid,
soos Sy Eie ubuNtu, Sý umNtu,
ngumNtu, van abaNtu, almal,
weet elke liewe een,
Wie bedank Mens,
virrie reën, liefde,
liefde vir Naaste,
g’n beter bewys,
as geloof in Geloof,
amper ongelooflik

soos’t Eerste Mens, oud-“Bossiesman”,
oud-“oran utan”, “kwere kwadraat”,
“Hotnots-Holland”, “Lawu”, “Slams”,
die díép seermaak, m’t “isiBhulu”,
bitter-bitterlik pyn aandoen, gee,
entliziyweni, iyahlungu, kakhulu,
huil Mens soms mos binnetoe

“nie-rassigheid” en “ras” so onversoenbaar,
hoekom het Metro geen tweede “klas”-wa,
hoe lank gaan Mens onnodiglik oorlog voer,
agter olie aan, in olieryke, ook in Afrika,
waar anners ’n apartheidstandbeeld,
op voorstoep van land se hoofleier,
hoekom word Eerste Mens-status,
Eerste Mens se Mensheid geweier,
hoe lank gat armstes van armes,
armoediges, onner armoed steier?

o Liewe Vader, Mens Vra, Uwe Almag,
Via Geloof, Hoop, Via Via Appia, Pyn,
o Allah, Vader, Skepper, Fabriseerder,
Jehowa, Jahwe, Jah, Buddha, Khrsna,
elk God, vir eers, in Eenheid t’verenig

nes Sapiens, mede-Sapiens, Mens,
universeel, medemenslik, Waardig,
móét is, net so Uniek soos Skepper

Jacobus Faasen

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top