"Dwaasland" deur Dewald Hoffmann

  • 1

Geskryf vir: Straatligkinders

Vers 1:
Skuins na twaalf
koue kielie my kraag
Hoor die aarde draai
die skepping rus

Vers 2: 
In 'n dor oop leemte
hou verlate drome my geselskap
Bitter van verwyt
mompel ons deur stilte

Koor:
Tot dwaas is ek bekroon
Raka lees my eensame troon
Wie of wat wil my red?
My tronk, ek het myself belet

Brug:
Ek het die sel toe gesluit
en die sleutel weggegooi
Ek het myself, myself
Myself ... belet

Vers 3: 
Ek wag op net iets
net 'n kleine krummeltjie hoop
In stille swye pleit ek
wag ek angstig

Vers 4: 
Iemand of iets sal kom
die vraag is net, wat?
Niemand waag dit hier
nie mens of siel

lyricMap homeMap


Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief
. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 1

Kommentaar

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top