Dun en kronkelend

  • 0

Dun en kronkelend
soos die magiese tou.
Blond en snel:
                                pyl en valk.
Maar ook onkeerbaar, ’n ysbreker.
’n Meisie se borste, emalje-oë.
Sy het gedans op al die terrasse en in al die kelders,
het die son sien sak in San José, Costa Rica,
geslaap in die voetheuwels van die Himalajas,
moeg geword vir die kroeë en vlaktes van Afrika.
Op twintig het sy haar man gelos
vir ’n Duitse vrou;
op een-en-twintig los sy die Duitser
vir ’n Afghaanse man;
op vyf-en-veertig
woon sy in Prosperine Court, int 2, Bombaai.
Elke maand, op die rituele dae,
reën dit paddas en slange op haar huis,
die bediendes vervloek die demoniese vrou
en haar Parsi-minnaar blus die vlamme.
Droë storm.
                                Die wit aasvoël
pik aan sy skaduwee.


(Oorspronklike vers deur Octavio Paz. Uit Spaans vertaal deur De Waal Venter)

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top