Mens kom tog so vroom oor,
asof onkund’-ontkenning óór,
uit en verby, geskiedenis is,
nes renosters, byna almal,
sonder skuilte teen geweld,
van struktuur, haat-’n-lis,
gierigheid, Self-destruksie,
misdaad, apartheid, “ras/klas”,
“Boesman”, “Kwerekwere”,
“isiBhulu”, my moedertaal,
slagoffer van superioriteit,
van apartheidsmentaliteit
mede-Mens mos nie Mens,
Homo Sapiens Sapiens,
polities ongeletterd,
sonder Gewete,
vrede m’t Geskied’nis,
onderworpe, nes res,
aan gewetenloosheid,
begeer nie post mortem,
Paradys toe te wil reis
Jacobus Faasen

