“Duiwelspiek”-ondersteuners

  • 0

selfs neologisme is gou-gou cliché,
maagd raak oorhaastiglik uitg’vry,
sjatanslawerny, Self-destruksie, bly,
ondanks sielstryd, Skepsel trag t’stry

dus, Millennium Drie Homo Sapiens,
Aardling, goed-’n-kwaad-als-in-een,
verleen “Duiwelspiekers” volle steun,
vir verontmensliking, van mede-Mens

hulpbronskaarste, neo-revisionisme, eish,
Mens, min g’pla, m’t Lewe Twee Lewe, ja,
mettie Ewigheid, in Utopia, Jena, Paradys

struikel Mens, niks’m vir boosheid t’wys,
al was God se Tuin híér, iewers in Afrika,
Spiritualiteit, wragtig, al moeiliker t’trys

Jacobus Faasen

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top