Sjalom.
Die Here is die Gees, en waar die Gees van die Here is, daar is vryheid (2 Korinthe 3:17).
Duitswester, ek jubel heelhartig saam dat SHEKHINAH, GOD ons MOEDER, die Heilige Gees, die een en dieselfde wese, majesteit en heerlikheid as ons Hemelse Vader en onse Messias is; ja, SY is waaragtig en ewige GOD!
Ek deel met jou my kategese buite Protestante oogklappe.
"Heilige Gees" is eintlik heel merkwaardig uit Hebreeus in Germaanse tale vertaal. SY word andersgesind in Abraham se nalatenskap (Jode en Moslems) ter harte geneem.
Ofskoon regsinniges (gereformeerdes) voorgee dat hulle GOD in pag het; ’n modderwese soos Kobus de Klerk bepaal dat YESHUAH HA MESCAICH nie die Heilige Gees of ons Hemelse Vader is nie, staan daar geskrywe:
Want daar is drie wat getuig in die Hemel: die Vader, die Woord en die Heilige Gees, en hierdie drie is een (1 Johannes 5:7)
En alhoewel hierdie werklikheid die verstand ver te bowe gaan, weet ek dis so in die liefde en genade van die Woord in my hart.
In die Evangelie van Lukas spreek die engel Gabriel tot Maria, die moeder van die HERE:
Die Heilige Gees sal oor jou kom en die krag van die Allerhoogste sal jou oorskadu. Daarom ook sal die Heilige wat gebore word, Seun van God genoem word.
Dit was nie ’n soort "goddelike man en vrou seksuele intimiteit om ’n seun te verwek" soos die Afrikaner se patriarge graag wil voorgee nie, maar in vitro in die skoot van ’n vroumens deur SHEKHINAH; MOEDER tot moeder; RUACH HA KODESH met vlees omklee as YESHUAH HA MESCAICH.
Duitswester, YESHUAH HA MESCAICH het vir ons opdrag gegee: Gaan die hele wêreld in en verkondig die Evangelie aan die ganse mensdom (Markus 16:15).
Soos geskrywe:
En kyk, Ek is met julle al die dae tot aan die voleinding van die wêreld (Mattheüs 28).
Maar hoe is YESHUAH HA MESCAICH met ons al die dae tot aan die voleinding van die wêreld? Ja, in die troosgedaante van YESHUAH HA MESCAICH; RUACH HA KODESH, GOD ons MOEDER; SHEKHINAH in ons harte!
Dieselfde kits naslaners wat voorgee dat hul met ’n begaafde intellek oor GOD beskik en dat ander dit nog moet aanleer, huiwer nie om ander se aanbidding tot ons almal se Almagtige Lewende Skepper; Jumala, Brahman, Allah, Tao ... HaShem as afgodery te bespot nie. Anders as hulle het die Apostel Petrus verwonderd verkondig dat YESHUAH HA MESCAICH, ook die GOD van elke ander volk en nasie is.
Soos geskrywe:
Ek sien waarlik dat God geen aannemer van die persoon is nie, maar dat in elke nasie die een wat Hom vrees, regverdigheid en billikheid doen, Hom welgevallig is. Dit is die woord wat Hy gestuur het aan die kinders van Israel toe Hy die evangelie van vrede verkondig het deur Jesus Christus – Hy is die HERE van almal (Handelinge10:34).
Die Heilige Gees en die Vader is een; nes Christus en die Gees een is (Johannes 10:30).
Soos geskrywe:
Maar as iemand die Gees van Christus nie het nie, dié behoort nie aan Hom nie (Romeine 8:9).
Daar is nog baie ander dinge wat in die troos van RUACH HA KODESH gedoen en geopenbaar is, maar as hulle een vir een beskrywe moes word sou die hele wêreld se biblioteke te klein wees (Johannes 21:25).
Mag YESHUAH HA MESCAICH, onse GOD, VADER en MOEDER wat ons lief het, self ons harte vertroos en ons versterk in alle goeie woorde en werke die hele 2012 (2 Tessalonisense 2:16).
Hindoe-, Moslem-, Joodse, katolieke en Boeddhistiese liefde,
Cornelius Henn

