Duitswester: Ons kinderlike afhanklikheid van G_D ...

  • 0

Beste Duitswester

Shalom.

Baie dankie vir jou verruimende bydraes.

Ek haal in besonder die volgende daaruit aan:

Daar is egter baie ander wat gesterf het na Sy hemelvaart en nooit die boodskap gehoor het nie, mense in ander lande wat nooit gehoor het van die G_d van Israel of die Messias nie. Ons weet die vlg: Almal word regverdig verhoor, Psalm 9:8. Ons weet ook van mense wat nooit die Torah gehoor het nie, maar dit in hul harte het, daar geplaas deur G_d. Sien Romeine 2:14 ens. Mense het dus ’n G_d gegewe en sal daarvolgens verhoor word. Dan die klein kinders en mense wat verstandelik nie in staat is om ’n keuse te maak nie. Dis ’n onderwerp wat tyd verg, maar in kort, volgens Psalms 51:5 en 58:3 word ons sondig gebore. Aan die ander kant noem G_d die kinders wat geoffer is onskuldig in Jeremia 19:4 en 5. In Deuternomië 1:39 sê G_d dat die kinders nog nie die verskil tussen goed en kwaad weet nie. ’n Baie mooi beskrywing is in Mattheüs 18:2 en 3 en Matt 19:13 en 14. Om soos die kinders te wees. Hoe is die kinders?

Duitswester, ek deel Psalm 139 met jou:

HERE, U deurgrond en ken my. U ken my sit en my opstaan; U verstaan van ver my gedagte. U deurvors my gaan en my lê, en U is met al my weë goed bekend. Want daar is nog geen woord op my tong nie- of U, HERE, U ken dit geheel en al. U sluit my in van agter en van voor, en U lê u hand op my. Om dit te begryp, is te wonderbaar vir my, te hoog: ek kan daar nie by nie. Waar sou ek heengaan van u Gees en waarheen vlug van u aangesig? Klim ek op na die hemel, U is daar; en maak ek die doderyk my bed, kyk, U is daar! Neem ek die vleuels van die dageraad, gaan ek by die uiteinde van die see woon, ook daar sou u hand my lei en u regterhand my vashou. En as ek sê: Mag tog net die duisternis my oorval en die lig nag wees tot my beskutting, dan is selfs die duisternis vir U nie donker nie, en die nag gee lig soos die dag, die duisternis is soos die lig. Want U het my niere gevorm, my in my moeder se skoot geweef. Ek loof U, omdat ek so vreeslik wonderbaar is; wonderbaar is u werke! En my siel weet dit alte goed. My gebeente was vir U nie verborge toe ek in die geheim gemaak is nie, kunstig geweef in die dieptes van die aarde. U oë het my ongevormde klomp gesien; en in u boek is hulle almal opgeskrywe: dae dat alles bepaal was, toe nog geeneen van hulle daar was nie. Hoe kosbaar is dan vir my u gedagtes, o G_d! Hoe geweldig is hulle volle som nie! Wil ek hulle tel, hulle is meer as die sand; word ek wakker, dan is ek nog by U. Deurgrond my, o G_d, en ken my hart; toets my en ken my gedagtes; en kyk of daar by my ’n weg is van smart, en lei my op die ewige weg!

Mag YESHUAH HA MESCAICH, avatar van onse HaShem, onse Shekhinah, self die mite van die Grootste Geskenk aan die mensdom hierdie komende feesgety in ons almal se HARTE werklik maak.

Namaste!

Hindoe-, Moslem-, Joodse, Katolieke, en Boeddhistiese liefde,

Cornelius Henn

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top