Duitswester

  • 0

Ek sien jy seg (onder andere):

G_d verbied enige vorm van aanbidding onder ’n groen boom. – Deut 12:1-4

Jy kan nie ernstig wees nie, want dan sou hierdie mense besig wees om ’n gruwelike sonde te pleeg. Of glo jy dit regtig en dink jy derhalwe dat Jesus in die Tuin van Getsemane ook eers ’n oop kolletjie, weg van groen bome, moes gaan soek alvorens Hy tot die Vader kon bid?

Dan ook:

G_d beveel jou om nie met die heidene te meng en nie deel te neem aan hul onrein rituele nie.

Ek het verstaan begrippe soos “heidene” en “onrein” is van alle betekenis gestroop met die Messias se koms, want sedertdien is almal (Jode inkluis) gelyk voor God. Toegegee, miskien was ek voor die “pinball”-masjiene toe daardie Sondagskool-les aangebied is, maar selfs al is dit die geval, hoeveel van die “nie-heidense” rituele deur die Bybel voorgeskryf eerbiedig jy? Berei jy offerandes vir die Here voor en is daar ’n Heilige Tabernakel in jou agterplaas?

Ag nee, man – as jy dan moet nonsens praat, praat nonsens wat sin maak.

Oom Daan

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top