"Duisend Stories" deur Michelle Paton

  • 0

Duisend Stories

'n Feëverhaal is wat almal wil hê
'n Happy ever after met ons self-geskryfde einde
Ons is almal op soek na meer as wat die oog kan sien
Op soek na meer as wat die hart kan voel
En dat toeval net toevallig was, glo ons nie

Want in onsekerheid beweeg ons vorentoe
een tree op 'n slag met miljoene voetspore agter ons
Op die harde manier het ons besef dat om asem te haal
nie beteken dat jy lewendig is nie

Stemme van ontevredenheid is al wat ons hoor
nog nooit was ons goed genoeg in ons ouers se oë
Daar word gesê dat ons moet praat, but what's the use?
Stilte fluister harder as ons diepste skree
Ons trane vertel 'n duisend stories
maar 'n glimlag steek die waarheid weg

Ons word geoordeel vir wie ons regtig is
so agter maskers kruip ons daagliks weg
Seer het ons moederstaal geraak
en die werklikheid wat ons eens so goed geken het
het 'n vreemdeling geword

In die donkerte van die nag eggo die stemme in ons kop
maar ons verstaan hulle nie, want teleurstelling en seer
is die enigste taal wat ons praat

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top