Droogte
Die blits daar bo
Gee my krag om te glo
Dat alles fine sal wees
Dis wat ek hier op my grond wil lees
Die son los nog ’n kraak
En los my grond alles naak
Wat gaan ek nou maak
As alles donker raak
Refrein
AS die wolke begin dreun
En ek bid vir die reën
Sal dit alles goed gaan
Want ek kan dit nie verstaan
Hierdie droogte het nie ’n naam
Ons moet nou net saam staan
En God vir reën vra
Sodat hy ons hier deur dra
AS die strale weer verskyn
En die wolke verdwyn
Voel ek die dors pyn
Hier binne my kwyn
Die son los nog ’n kraak
En los my grond alles naak
Wat gaan ek nou maak
As alles donker raak
Brug
Net een druppel sal my red
Here gee my net wat u het
![]() |



