Droogte

  • 8
Wragtag, ek woon al byna 1 jaar hier in Noordkaap en het 2 meter reën gesien tydens stofstorm, druppels was 2 meter uitmekaar. 
 
Die omvang van die droogte is al sigbaar van die N12, nie eens net vanaf verwaarloosde distrik paaie nie. 
 
Tog doen die Departement van Landbou miljoene rande se opheffingsprojekte, onder voorheen-benadeeldes, wat nooit op dreef kom en bly nie na miljoene rande daarop gespandeer was. Die sg 500 en iets oorblywende kommersiële boere het nie meer raad nie. Baie sit sonder brandstof en kos vir hulle gesinne. Vir baie is dit onmoontlik om skoolfooie en koshuisgelde vir hul kinders te betaal. 
 
Groot dele van die Noordkaap-Karoo is nou woestyn. Alhoewel die Noordkaap-premier R30 miljoen rand droogtehulp, bymekaar geskraap het, kry elke kommersiële boer ongeveer 2 sakke voer uit die hulp. Die behoefte is net te groot.
 
Besef die gewone Suid-Afrikaners wat besig is om in die verarmde platteland te gebeur?
 
Sg groenes praat oor aardverwarming, maar nooit oor bevolkingsbeheer nie. Êrens sal daar bevolkingsbeheerbeleid moet kom, want die aarde kan nie meer die menslike bevolking hanteer nie. Sending na Mars? Sonpanele, maar plantegroei word vir honderde hektaar rondom die sonpanele vernietig, in half-woestyn waar bosse nie binne 'n jaar of twee terug groei nie. Waar dit 'n daaglikse stryd is, vir bome om te oorleef. Maw geen bome of plante om suurstof te gee vir aarde nie. 
 
Menslike ontlasting veroorsaak uitlaatgasse, terwyl almal kla oor voerkrale. Radio Sonder Gewete het vir jare "vleislose Maandae" gehad. 
 
Ek voer die grasvinkies op my stoep in die Karoo, want selfs vir die ou veervolkies van die versamelvoëls, is daar ook nou voedselskaarstes. Soms vang ek van die vinkies in my woonstel en hul gepofde veertjies is ook net die voorgee oor hul maer lyfies. 
 
Ons mense is darem geneig om selektief bewaringsbewus te wees. Beskerm die renoster se horing met miljoene rande, gewere en intussen word ons geitjies en grond akkedisse gestroop deur dieselfde Oosterse nasies, hier in die Noordkaap?
 
Die mense veg om hul liberale chaos voort te sit, maar is ons werklik goeie Rentmeesters van diè Wêreld?
 
Hans Richardt 
  • 8

Kommentaar

  • Avatar
    Hans Richardt

    Angus, sal 'n oorlog 2 biljoen mense minder maak?
    Droogte dryf mense net na ander plekke, dit was nog nooit geboortebeperking nie. Onthou die Pullitzerprys bekroonde foto van aasvoël wat by seuntjie gesit het?

  • Avatar
    Hans Richardt

    Luister ek op Saterdag oggend, mense stuur boodskappe, vertel van 40mm en meer reën.
    Dan wonder ek wanneer in Noordkaap...

  • En hier sit ek in 'n papsopnat Durban. Ek is dik vir water wat aanhoudend uit die lug neersif. Hoeveel weet ek nie - my reenmeter het gebreek van die gewig.

  • Avatar
    Hans Richardt

    Angus, kyk na my nuuste brief se foto.
    Ek weet nie of Radios en SA weerdiens kop-in-een-mus is nie, maar hul voorspel verspreide donnerstorms en dan kry ons stofstorms.

  • Beste Hans
    Angus het nie tyd om te kyk nie want hy is besig om te kla oor te veel reën wat sy watermeter breek terwyl jy verstik in die stof. Dalk tyd vir 'n uitruil vir so'n week of twee.

  • Avatar
    Hans Richardt

    Angus, hul het mos voorspel dat ooste van SA oor 'n paar jaar onder water gaan wees? Lyk my dis nou so. Intussen waai bure se plase verby, wonder waar hul volgende jaar gaan boer...

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top