Dromer
Jou wese is diep ondergronds geskend
Jou onderbewussyn is jou hulplyn inherent
Wie kan vir jou sê waar die grens lê?
Die grense van sterre, die grense van die verre
Jy droom steeds van donker Afrika
Jy smag steeds na weghardloop daarna
Wie kan vir jou sê waar jou grens lê?
Die grense van drome
Die grense van woorde
REFREIN:
Jy is ? dromer
Swerwerskind van die somer
Totdat jy kom groet vir die droë seisoen
Ek wens jy kon weet wat jy aan my doen
Somtyds verlang ek na jou
as ek op my eie die wêreld staan aanskou
Wie kon vir ons sê waar ons liefde lê?
Die liefde van twee mense deurmekaar
Somtyds berou ek oor verbroude kanse
Jy het uit die nag verskyn in my tyd van alle waansin
Wie kan vir jou sê waar jou liefde lê?
Iewers in die berge
Iewers in die verte
Iewers net te ver weg van my
Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.


