In die koue nag
Is 'n siel wat wag
Vir 'n beter uur
Voor 'n drom se vuur
Hy is alleen
Rus sy kop teen ’n steen
Verlore in sy gedagtes
Kry hy swaar sy nagrus
Refrein:
Daar is drome wat wag
Jaag dit na, elke dag
Elke oomlik is 'n kans
Om volgens jou eie pype te dans
Hy kyk na die hemelruim
Meet die sterre met sy duim (hy sê)
Al lyk hulle klein is hul baie groot
Eendag sal ek sit in my nuwe boot
Waarvoor sal ek leef
As ek vir niks in die lewe kan streef
Drome vat jou na ’n plek
Waar dit jou gewete weer sal opwek
Refrein:
Daar is drome wat wag
Jaag dit na, elke dag
Elke oomlik is 'n kans
Om volgens jou eie pype te dans
Stel vir jou ’n fokuspunt
En gaan voort tot jy die einde vind
Waneer jy ’n lewe rede gee
Kan jy ’n hart met gemoed beklee
Soos die vuur wat brand in hierdie drom
Sal alls wat nie gebou word tot n einde kom
So gee maar vir hom nog ’n lekker stuk hout
Sonder ’n vuur wat brand is jou lewe koud
Refrein
Luister na jou hart en wat hy vir jou vra
Dis hy wat by jou kom en in jou ore kla
As jy drome het, maak 'n lys
Moet nooit 'n droom wegwys
Moenie opgee, al lyk die paaie erg
Die droom wat jy jaag loer jou oor die berg
En as die paaie voor jou kruis
Gaan na een wat rigting wys

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

