Drome van gister

  • 0

Kyk in ons harte, kyk na ons oë, sien julle ons, hier waar ons staan in bronsvorms
Ken julle ons gebede van hoop, verliese, trane en lewenstorms
Weet julle van trek met n son wat brand oor jou
‘n Kind wat sterwend is, en 'n huilende vrou
Ek weet nie eens hoe om sy naam te skryf, of om my Bybel te lees
Al wat ek weet is hoe om my mense voort te dryf
Verslae sit ons om die kampvuur
Ons praat oor broeders wat gesneuwel het vir gesteelde dier
Beloftes oor grond en drome saam in grafte
Die aanslag was te groot, honderde van hulle, in donkervelmagte
Ons hoor van ’n broer oor hoogverraad
Ons is Patriot, Boer, die Brit is mos nie ons land se maat
Wanneer julle na ons staan en kyk
Sien julle die stof, trane, en hoe donker die nagte lyk
Vrese en verliese, ons vrouens en kinders wat aan siektes wyk
Swaarkry en veg, vir ons, vir julle, vir ons eie land
Respek, hoop en liefde, dit is ons nageslag se band

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top