"Droë hart" deur Karel Nielson

  • 0

Droë hart

Namakwaland se drome gaan
Oor reën wat nie wil kom
Ek sit onder die halfvol maan
En onthou die lente blom

My namakwalandhart
Sit en wag vir reën
Sit en wag vir liefde
Hier sit ek alleen.
Ek wonder, is daar iemand?
Wat soos die reën na my sal kom?
En ek wonder, is daar iemand?
Wat my droë hart sal laat blom?

My namakwalandhart
Sit en wag vir reën
Sit en wag vir liefde
Altyd alleen.
Die reën kom baie selde
maar wanneer dit wel kom
is die droë grond nie dieselfde
want alles is in blom

Ek wonder, is daar iemand?
Wat soos in my drome sal kom?
Ek sit en wag vir iemand
wat my droë hart wil laat blom
My namakwalandhart
Sit en wag vir reën
Steeds wag ek vir liefde
Altyd hier alleen.

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top