Drafstap na die maan
As die reën om ons val en die druppels teken op jou gesig
vorm dit ? prent wat ek wil raam in my hart
Wil nie hê dit moet opdroog
want die prentjie voor my is waarvan ek hou
Hoe die reën jou aanhou skets, dit moet nie ophou
BRUG:
Dan sit ek die perfekte aand voor
Dis glad nie so ver in ons verbeelding dink ek oor en oor
REFREIN:
Drafstap na die maan, verby die melkweg en sterre
wag ek geduldig vir my skildery, die mooiste by verre
Drafstap na die maan, ja, sê dis nie ? slegte idee
Drafstap na die maan, ek wag daar net ek, jy, die heelal en ? permanente tree
Jy tik my op die skouer en se ek’t aan die slaap geraak
Dan besef ek dit was ? droom, maar kon sweer
ek kon die maan se growwe klippe voel soos ek jou dra
Kyk op na jou, dit was sowaar ? droom, maar voel so werklik
As ek vanaand weer daar wag onder die enigste boom
BRUG
REFREIN
Drafstap na die maan, drafstap na die maan, drafstap na die maan
Net ek en jy
Drafstap na die maan, drafstap na die maan, drafstap na die maan
Net ek en jy
Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.


