"Draai om, val terug, staan vas op die grond" deur Adri du Toit

  • 0

Draai om, val terug, staan vas op die grond

Draai om ...
kyk ’n bietjie ja kyk bietjie rond
Jy ken ons, kyk in ons oë
Ons glo en vertrou in jou
Jy moet dit glo

Koor

Draai om val terug
staan vas op die grond
Moet jou voete nie te hoog lig
Hou jou kop omhoog ... maar net vir Hom

So los die dinge van die wêreld
Dis vol seer en pyn
Los die dinge van die wêreld
Dit bring net skuld en spyt.
Draai om val terug
Staan vas op die grond
Kyk ja, kyk wie is ons ...
Ons ken jou en stap die pad al lank
So draai om val terug en staan vas teen die grond.
Onthou waar jy vandaan kom.
Ons glo in jou ons ken vir jou
Ons weet wie jy eintlik is ...
Staan vas teen die Grond
Die eintlike jy is wie hulle mis.
Hou jou kop omhoog maar net vir Hom!
Want jy het alles gekry
In jou drome maak Hy jou vry
Jou behoeftes bevredig
jou gesondheid stewig.
Moenie jou voete te veel lig
Draai om, kom terug!

Koor

Draai om val terug
staan vas op die grond
Moet jou voete nie te hoog lig
Hou jou kop omhoog ... maar net vir Hom
Kyk ja kyk bietjie rond

Sien wat hulle mis, wys wie jy eintlik is!

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top