. . . sê blykbaar nou die dag oor die draadloos Afrikaanse universiteite behoort swart studente welkom te laat voel deur iewers op ’n muur foto’s van mense soos Steve Biko ens (ek dink hy het Walter Sisulu of Dingaan ook genoem maar ek mag verkeerd wees).
Nou weet ek hoekom ek so onwelkom op Wits gevoel het destyds – daar was nie foto’s van Danie Theron, Gideon Scheepers, De Wet, Cronjé of De la Rey teen die mure nie.
Jan Rap


Kommentaar
Jan, ek is bly jy het dit ook gehoor. Ek kon niet my ore geloven. Ek ken nie vir Piet nie. Hy is nie hier om homself te verdedig nie. Hy het die reg om te swyg. Ek slaat net my hanne in verbasing en totale ongeloof saam.
Reusedwerg, hy IS hier om homself te verdedig, LitNet/SêNet is oop vir almal maar a) hy reken wat hy sê is geldig en het nie verdediging nodig nie en b) ek glo nie hy sal homself verwerdig om met die plebs te praat nie.
Jan Rap
Mooi man - raakgestel!