Dowe gehoor
Soekend na my stem in die donker
Deur die wildernis van ons bestaan
Die eggo’s is verwarrend
Vreemd en nie van eie aard
Is dit ek
Is dit wie ek is?
’n oomblik in die wêreld
’n refleksie van wanbegrip
Roetine problematies, verdoof die anargie
Wat eie identiteit in die verlede my kon bied
Ek stop, verstar, versteen
Verset myself teen die idee
Gefabriseer uit die vrees
Dat elke dag dieselfde as die ander sal wees
Dieselfde ou belydenis
Oor en oor en oor
Ek skree my hart stom
Voor ’n dowe gehoor
Dit is te maklik, alte maklik
Om ’n gedagte van jouself te vind
In middelmatige gebare
Dit dan aan jou vas te bind
Hoekom moet ek skaam wees
Vir die poësie wat ek is
Hoekom my vrye vers ketting
Aan reëls, regulasies wat lei tot bitternis
Ek is my eie koning, dalk my eie klug
Ek staan alleen, ek staan alleen
Dansend in my eie lig
Net vir nou
Lag ek met my masker op
Lag ek vir die grap
Wat die wêreld in my oor fluister
Aan die begin van elke dag
Dieselfde ou belydenis
Oor en oor en oor
Ek skree my hart stom
Voor ’n dowe gehoor
Ek bid deesdae harder
Ek bid deesdae harder
Die engele sal my hoor
As my stem in die hemel weergalm
![]() |



