Dorsland
Dis die son, dis die sand
dis die ongereptheid van die land
Waar die vryheid so groot is
dat ek al my gedagtes kan verkwis
Ek sien die streep hier agter my
soos ? skaduwee in die rooimiddag
Die storie wat my oë vertel
Die verhaal wat saam my dwaal
Ek weet mens kyk nie terug nie
maar die oop veld is so groot
Kyk ek nie dalk tot agter teen my rug nie?
REFREIN:
Wie ek was en wat ek is
weet ek is nie meer een nie
Want so ver as vanwaar die son opkom
so ver is dit apart
vanwaar dit weer sal sak
Maar ek droom van jou
en ek frons oor my
vVn daai onskuldige goue glimlag
en my erkenning wat daarop wag
Ek weet mens kyk nie terug nie
maar die oop veld is so groot
Kyk ek nie dalk tot agter teen my rug nie?
REFREIN
Die kettings van wat agter lê
kan my polse nie meer vang nie
Maar ek dink aan jou
omdat ek tydloos tyd kry
En ek wonder
Sal jou verwagting nog so vry wees
as jy die begin van die storie ook mag lees?
Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.


